Hoofkieslys

Oorsig

KLEIN OASE is geleë op die plaas Brakpan, in Frankfort in die Oos-Vrystaat.
Die oord, wat ‘n hawe van rustigheid en kalmte is, met 'n groot varswater dam, is slegs 1.5 uur se ry vanaf JHB.
Alhoewel sommige dit van die naam mag aflei, is die oord nie geleë in ‘n bergagtige streek nie.

Dit was die wens van die eienaar om die oord so na as moontlik natuurlik te hou, sodat vissermanne veral, op ‘n ongesteurde en onpretentieuse manier hul visvang kan geniet, en dit teen ‘n geweldige lae tarief. Let op: Visvang is streng VANG en LOSLAAT.

Met die uitbereiding van 4 meer self-onderhoudende hout chalets kan daar nou 66 mense slaap in die oord. Daar is ook geriewe soos 'n gemeenskaplike Lapa met DSTV en ‘n verskeidenheid van aktiwiteite soos in die tabel hieronder aangedui is, verspreid oor die oord. Daar is verseker dat die rustigheid van die oord nie beïnvloed word nie.

 

KINDERS

  • Miniatuur sokker- /rugbyveld
  • Speeltoestellen vir kinders

Dink net aan die opwinding van n vis aan die end van 'n vislyn?

             'n Pragtige sonsondergang?

                   Warm koppie koffie op 'n buite vuur?